Language   

Donker donker land

Johannes Kerkorrel
Language: Afrikaans


Johannes Kerkorrel


Die klein wit republiek
Is in 'n droë wit seisoen
Die bome dra nie meer vrugte nie
Die damme is almal droog

Uit die vlaktes van die Noord Karoo
Kom 'n sprinkaanplaag
Wat uitstrek na die Noorde
En die mielielande knaag

En in die dorpe en die stede
Ly die mense honger,
Kos is skaars en al het jy werk
Word jou geld al minder werd

En dis 'n donker donker land
Die seisoene draai, die sterre brand
Die son word rooi, ons het beland
Aan die maan se verkeerde kant

In ons huise teen die heuwels
Agter tralies skuil ons teen alle euwels
En ver sien ons die rook trek
Die lokasies is aan die brand

En die soldate kom al aangemarsjeer
En elkeen dra 'n gelaaide geweer
Daar's 'n bom in elke supermark
En die klank van glas wat breek
En iets moet breek!

En dis 'n donker donker land
Die seisoene, draai die sterre brand
Die son word rooi ons het beland
Aan die maan se verkeerde kant

Maar na sewe jaar se droogtes begin dit reën
en die reen val neer hier
Die reën val op my hande
Die reën val op my arms
Die reën val op my oë
Die reën val op my lyf
Die reën val op my gesig
Die reën val op my rug
O, reën val neer hier
Die reën val neer op Voortrekkerhoogte
Die reën val neer op doringdraad
Die reën val op berge
Die reën val op valleie
Die reën word strome
Die reën word riviere
Die reën word 'n see
Reën was alles weg hier
Was alles skoon hier
Reën kom weer en weer
Weer en weer



Main Page

Please report any error in lyrics or commentaries to antiwarsongs@gmail.com

Note for non-Italian users: Sorry, though the interface of this website is translated into English, most commentaries and biographies are in Italian and/or in other languages like French, German, Spanish, Russian etc.




hosted by inventati.org