Lili Marleen [Lied eines jungen Wachtpostens]
Hans LeipAFRIKAANS [2] | |
Buite my kaserne wag ek elke nag, staan ek in die lamplig daar vir jou en wag... 'N huisie vir twee sal ons laat bou, ek wag my lewe lank vir jou, vir jou, Lili Marlene, vir jou, Lili Marlene. Blaas daar die sein vir bewapening gee my nog 'n aand in jou betowering moet ons dan vaarwel sê en moet skei maar in my hart bly jy by my, net jy Lili Marlene. Gee my dan 'n roos om te kan wys jy gee ook om met 'n goue kruis voel jy terneergeslaan onthou daar kom weer beter dae, vir jou Lili Marlene, vir jou Lili Marlene. As ons marsjeer in modder en in kou en my pak voel swaarder as wat ek kan hou my liefde vir jou hernieu, my plig ek is weer warm my pak voel lig vir jou, vir jou, Lili Marlene. En as die oorlog oor is en ons veg nie meer, kry ek jou dan daar net by jou woonhuisdeur, ons liefde sal ons weer kan herbou, my liefde die bly nog steeds vir jou, vir jou Lili Marlene, vir jou Lili Marlene. | LILI MARLEEN Voor die barakke, voor die groot hek het daar 'n lantern gestaan en as dit nog daar staan, sal ons weer daar ontmoet en by die lantern staan soos eens, Lili Marleen, soos eens, Lili Marleen. Ons twee skaduwees het soos een daar uitgesien dat ons mekaar liefgehad het, kon hieruit afgelei word. En almal sou ons gesien het daar by die lantern, soos eens, Lili Marleen, soos eens, Lili Marleen. Spoedig waarsku die wag my, hulle blaas die beuelsinjaal: "Oortreding kan jou drie dae kos!" "Kameraad, ek kom dadelik." Dan sê ek en Lili Marleen tot siens, hoe graag sou ek met jou wou gaan, met jou, Lili Marleen, met jou, Lili Marleen. Jou skadu, Lili Marleen, is goed bekend aan die lantern en ook jou regop gang elke aand brand dit opnuut maar die lantern het my lankal vergeet, en sou ek ook iets oorkom wie sal dan by die lantern staan met jou, Lili Marleen, met jou Lili Marleen? Vanuit die stil ruimte van my graf in die diepte van die aarde word ek gelig soos in 'n droom deur jou liefdevolle lippe. Wanneer die laat newels wegdryf sal ek by die lantern staan soos eens Lili Marleen, soos eens Lili Marleen. |