Lingua   

Blowin' in the Wind

Bob Dylan
Pagina della canzone con tutte le versioni


AFRIKAANS [2 - Floris Groenewald / Kabaal klankbaan]
VERLORE IN DIE WIND

Hoeveel paaie moet een man eers loop
Voor hy kan sê hy’s een man
Oor hoeveel oseane moet die wit duif vlieg
Voor hij kan rus in die sand
Ja, en hoeveel keer moet kanonskogels nog vlieg
Voor iemand dit vir ewig verban?
Wil jy die antwoord vind, dit waai daar in die wind
Myn vriend, die antwoord waai daar in die wind

Ja, en hoeveel jare moet 'n berg eers bestaan
Voordat die see dit verslind?
Ja, en hoeveel jare is daar mense wat bestaan
Voordat hul vryheid sal kan vind?
Ja, en hoeveel keer sal 'n mens weg kan draai
En bly voorgee hy is heeltemal blind?
Wil jy die antwoord vind, dit waai daar in die wind
My vriend, die antwoord waai daar in die wind

Ja, en hoeveel keer sal 'n mens op kan kyk
Voor hy weet dat die blou lug bestaan?
Ja, en hoeveel ore moet 'n mens dan eers hê
Voor hy kan hoor hoe val 'n traan?
Ja, en hoeveel sterftes moet daar nog gebeur
Voor hy weet daar't te veel reeds doodgegaan?
Wil jy die antwoord vind, dit waai daar in die wind
My vriend, die antwoord waai daar in die wind
WARREL IN DIE WIND

Hoeveel weë moet 'n man verken voor hy die naam "man" verdien?
Hoeveel seë moet 'n wit duif oorsteek voor sy die wêreld kon sien?
Hoeveel skote gaan ons nog afvuur voor ons ons wapens indien?
Die antwoord, my vriend, warrel in die wind.
Die antwoord warrel in die wind.

Hoeveel jare gaan 'n berg bestaan voor dit die see in spoel?
Hoeveel jare moet mense bestaan voor hul vry kan voel?
Hoeveel gesigte moet een man sien voor hy verstaan wat hul trane bedoel?
Die antwoord, my vriend, warrel in die wind.
Die antwoord warrel in die wind.

Hoeveel keer moet 'n man opkyk om te sien hierdie wêreld is groot?
Hoeveel keer gaan 'n man wegkyk en maak of hy niks weet van die nood?
Hoeveel sterftes gaan dit nog verg voor ons besluit te veel mense is dood?
Die antwoord, my vriend, warrel in die wind.
Die antwoord is vlugtig soos die wind.

Die antwoord, my vriend, warrel in die wind.
Die antwoord warrel in die wind.


Pagina della canzone con tutte le versioni

Pagina principale CCG


hosted by inventati.org