Lingua   

Halala Afrika

Johannes Kerkorrel
Lingue: Afrikaans, Xhosa


Johannes Kerkorrel


Toe die wêreld hier nog jong was
En die horison wyd en oop,
Was dit groen hier in die halfrond,
Suid van die Ewenaar.
En in die skemer as die son sak
En die beeste huis toe loop
Klink die roepstem van die vrouwe
Oor die heuwels van die land:
Halala, halala, ewig is ons Afrika,
Halala, halala, ewig is ons Afrika

Thula thula mtanami,
Thula thula sanaboni,
Thula thula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye,
Ubab uzobuya sihlale sonke,
Hmmm-Hmmm

Toe kom die skepe uit die weste,
Wit seile oor die see
Om te vra vir kos en water
En te bly vir so veel meer.
En die land wat een tyd oop was,
Die land het ons verruil,
Vir die ghetto's van die stede
Is ons koperdraad gegee.
Halala, halala, ewig is ons Afrika,
Halala, halala, ewig is ons Afrika

Thula thula mtanami,
Thula thula sanaboni,
Thula thula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye,
Ubab uzobuya sihlale sonke,
Hmmm-Hmmm

Daar was rykdom in die maag
Van ons moeder Afrika,
Diamante en ook steenkool,
Goud, edel metaal,
En die mense word die slawe hier
Want die mense word betaal
Om te tonnel in die aarde
Elke greintjie uit te haal.
Halala, halala, ewig is ons Afrika,
Halala, halala, ewig is ons Afrika

Thula thula mtanami,
Thula thula sanaboni,
Thula thula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye,
Ubab uzobuya sihlale sonke,
Hmmm-Hmmm

En die groot en oop grasvlaktes
Span dit toe met doringdraad
En van die olifant tot die gemsbok
Al die diere moes kom buig
Voor die mag van die grootwildjagter
Voor die mag van sy groot geweer
Totdat net die stilte oorbly,
Totdat net die stilte heers.
Halala, halala, ewig is ons Afrika,
Halala, halala, ewig is ons Afrika

Thula thula mtanami,
Thula thula sanaboni,
Thula thula mtanami,
Ubab uzobuya sihlale naye,
Ubab uzobuya sihlale sonke,
Hmmm-Hmmm



Pagina principale CCG

Segnalate eventuali errori nei testi o nei commenti a antiwarsongs@gmail.com




hosted by inventati.org