Lingua   

Hou My Vas Korporaal!

James Phillips
Lingua: Afrikaans


James Phillips


Hou my vas, korporaal
Ek’s ’n kind skoon verdwaal
Gaan ek weer my tjerrie sien
As ek van die trein afklim?
Ja, sowaar, korporaal
Dis mos swaar, korporaal
Ek speel oorlog met my beste dae
Ja ja ja, ek en al my maatjies
bymekaar
Bymekaar

Sal so doen, kolonel
Sal nie weier alhoewel
Elke dag is deurgekruis
Een dag nader aan my huis
Hot en haar, korporaal
Ek word naar, korporaal
My ou man se eerste kamp is klaar
Ja ja ja, amper al sy maatjies bymekaar, bymekaaar
Oogklappe bring die skoon gewete
Dis my plig dis nie my keuse
Hier sit ek, ek sit en vrek
Dis nie my skuld maar ek hou my bek
[korporaal voice: Hou jou bek!]

Sy’s my nooi en haar naam is “Min Dae”
Ja ja ja, ek en all my maatjies bymeekaar
Bymekaar, bymekaar
Ja ja ja ja ja ja ja ja
Ja ja ja ja ja ja ja ja, korporaal!



Pagina principale CCG

Segnalate eventuali errori nei testi o nei commenti a antiwarsongs@gmail.com




hosted by inventati.org