Lingua   

Sit dit af

Johannes Kerkorrel
Lingua: Afrikaans


Johannes Kerkorrel


Die ander dag joe voel ek lam
Ek wou ’n klein bietjie ontspan
En ’n boer maak ’n plan
Ek sit my TV set toe aan
Jy sal nie glo wat ek sien
Op my TV screen

Dit was ‘n nare gesig
Dit het my heelternal ontstig
Dit was ’n moerse klug
Dit was PW se gesig
En langs hom staan oom Pik
Wel ek dog ek gaan verstik

Sit dit af, sit dit af
sit dit af, sit dit af
sit dit af, sit dit af
want dis ’n helse straf

Ek strap kombuis toe kry ’n bier
skakel oor na TV4
o my gots wat het ons hier
wat my TV screen ontsier
is daar nêrens om te vlug
van daai man se mooi gesig

Met sy vinger in die lug
Gaan hy my lewe net ontwrig
In die programme in die lug
Sien jy net PW se gesig
Ek vat jou nou ’n wet
Al die bure het M-Net!

Sit dit af, sit dit af
sit dit af, sit dit af
sit dit af, sit dit af
want dis ’n helse straf

O, ek sê jou dis finaal,
Voor julle my kom haal
En ek met al my verstand
In die gestig beland
As daar iets is wat my kwel
Is dit my TV stel

Sit dit af, sit dit af
sit dit af, sit dit af
sit dit af, sit dit af
want dis ’n helse straf.



Pagina principale CCG

Segnalate eventuali errori nei testi o nei commenti a antiwarsongs@gmail.com




hosted by inventati.org